Entries by

Marlow Opleiding 2019

Louis Steyl en Dirk Spaargaren van Karooveld Bonsmaras het die jaarlikse Marlow opleiding aangebied op die plaas van Dirk Spaargaren. Die leerders ontvang verskeie lesings tydens die kursus wat onder andere die Bonsmara stelsel en BLUP dek. Dan is daar ook ‘n praktiese component waar diere in die kraal bespreek word en leerders word dan […]

Syferfontein Bonsmaras Inligtingsdag.

Syferfontein Bonsmaras van Nico Pieterse het ‘n goeie dag aangebied waar ongeveer 40 boere bygewoon het. Riaan Dames het die belangrikheid van seleksie vir ekonomiese diere bespreek. Daarna is ‘n praktiese bespreking deur Pieter Lourens en Nico Pieterse gegee sowel as veilingsbulle wat vertoon is.

Hoeveldklub Inligtingsdag

Die Hoeveld Bonsmara Klub het ‘n baie sinvolle inligtingsdag aangebied by Sernick. Die dag was dan ook die inname van klublede se bulletjies wat in ‘n gesamentlike voeromset groeitoets getoets gaan word end an volgende jaar op ‘n klubveiling aangebied gaan word. Bobbie van der Westhuizen het bespreek hoe teelwaardes gebruik kan word om ‘n […]

Royal Show Mini Farmers Day

During the last 3 years the annual Mini Farmersday on the Tuesday during the show at the Bonsmara Clubhouse is a highlight at the cattle arena. This year Mark Bielovich of Bluff Meat Industries gave a butcher’s view of the meat industry in South Africa. SA Studbook handed the certificates to the KZN Elite herd […]

Royal Show 2019

Bonsmara SA and the KZN Bonsmara Club members manned the Natal Bonsmara Clubhouse for the duration of the show. The Royal Show attracted a lot of visitors from the agricultural industry. This year a beautiful bull from Danie Opperman of Steilrant Bonsmaras together with an excellent cow and calf from Tony Windt of No Man’s […]

Nampo 2019

Die genootskap het weereens hul plek volgestaan by die Beeskompleks tydens Nampo 2019. Pragtige diere van Sernick Bonsmaras was op uitstalling hierdie jaar. Nampo bly een van die hoogtepunte op die landboukalender en is ‘n geleentheid om die landboubedryf te wys watter voordele die Bonsmara inhou vir enige boer.

Winton Boeredag

Die Kalahari klub het tydens die Winton Boerevereniging se jaarlikse boeredag ‘n stalletjie gehad. Daar was ook pragtige diere van Rindro Bonsmaras van Hennie en Karin Wessels op uitstalling. Gerrit van Zyl van Hanzyl Bonsmaras was ook ‘n spreker op die dag.

Leeuwbult Bonsmaras Boeredag

Leeuwbult Bonsmaras van Izak Cronje het die opening van die Fase C stasie tesame met ‘n boeredag gehou. Dr. Frikkie Mare van die UFS se Landbouekonomie department het die geleenthede na die “perfekte storm” bespreek. Dr. Jape van der Westhuizen van SA Stamboek het die belangrikheid van voeromset metings vir prestasietoets data bespreek. Daarna is […]

Vryburg Skou

Bonsmara SA was saam met die Noordwes telers by Vryburg Skou 2019. Daar was baie goeie diere van Carey Lee, Tklagameng Bonsmaras en Chris Visser van Skatkis Bonsmaras op uitstalling by die klubhuis. Alhoewel die Vryburg skou slegs ‘n landbouskou is was daar baie boere tydens die skou wat ‘n draai kom maak het. Die […]