Sernick Bonsmaras Noord-Vrystaat

Presisie-afronding bedryfsdag 29 September 2015
ʼn Presisie-afronding bedryfsdag is op 29 September by Sernick aangebied. Die doel van die dag was nie net om die Sernick Presisie-afronding projek aan die bedryf bekend te stel nie, maar ook om ʼn geleentheid te skep vir verskeie rolspelers in die beesvleisbedryf om oor presisieboerdery in die bedryf te gesels. Gaste wat die dag bygewoon het het beesvleisprodusente, opkomende boere, voerkrale, prosesseerders en bemarkers ingesluit, elkeen met ʼn unieke perspektief en verwagting tot die vooruitgang van die beesvleisbedryf. Sprekers: Phillip Oosthuizen (Landbou-ekonomie Departement, Universiteit van die Vrystaat (UV)), Prof Arno Hugo (Voedselwetenskap Departement, UV, en spesialis in vars rooivleis navorsing), Mnr Albert Loubser, mede-eienaar van Plaas Publishing en Mnr Nick Serfontein van Sernick Bonsmaras.