Loading Events

« All Events

  • This event has passed.

VALSRIVIER BONSMARA TELERS – Produksie – Bothaville

April 23 @ 8:00 am - 5:00 pm

Click HERE to download catalogue

VALSRIVIER BONSMARA TELERS

MOENIE VERGEET VAN ONS VEILING DV 23 APRIL NIE!

Onthou dat u aanlyn lewendig aan die webuitsending veiling kan deelneem vanaf die gerief van u huis.  U kan registreer deur die volgende skakel te gebruik:

 

https://auctions.swiftvee.com/#!/auctionDetails/683

OF

U kan Wimpie du Plessis by Vleissentraal skakel om u behulpsaam te wees.  Sien kontaknommers hieronder.

U kan gerus ook Swiftvee google om meer inligting te kry.

Vooraf besigtiging van vee vanaf 17 April, wanneer die kommersiële katalogus met ál die tersaaklike inligting beskikbaar sal wees, is per afspraak baie welkom.

Ons kan ongelukkig nie meer as 100 persone op die veiling toelaat nie, maar sal die dag so aangenaam en veilig moontlik vir u maak.

 

 

 

Geagte kliënt

Gesien in die lig van die huidige wêreldpoging om die verspreiding van die Covid-19 virus te beperk, het Valsrivier Bonsmara Telers besluit om voort te gaan met hul veiling, maar onder buitengewone maatreëls en aanpassings.  Die veiligheid van ons kopers is vir ons baie belangrik en daar sal sover moontlik veiligheidsmaatreëls toegepas word.  Ons bied vir u die volgende keuses:

 

TRADISIONELE VEILING

  • Beperk tot 100 persone
  • Geen besoekers
  • Geen middagete, maar verversings sal voorsien word
  • Daar word aanbeveel dat u met die verkopers reël om die veilingsdiere vooraf te gaan besigtig

WEBUITSENDING VEILING (SWIFTVEE)

  • Bie in die gemak van u leunstoel
  • Maklike en vinnige aanlyn registrasie vir kopers
  • Regstreekse uitsending, met beeld en klank, vanaf die veilingslokaal
  • Daar word aanbeveel dat u met die verkopers reël om die veilingsdiere vooraf

te gaan besigtig

 

Veilingsdiere kan besigtig word vanaf 15 April, wanneer daar ‘n volledige katalogus beskikbaar sal wees, met alle ter saaklike inligting van vroulike diere soos ouderdom, produksiestatus en dragtigheidstydperk.

 

Ten spyte van die buitengewone omstandighede, sien ons daarna uit om u by ons veiling te verwelkom!  Wees verseker dat ons diere baie streng geselekteer word, sodat u met die grootste gemoedsrus aankope kan doen indien u nie self na die diere kan kom kyk nie.

 

Kom ons staan saam en bly postief!

 

NAVRAE – Wimpie du Plessis 082 771 0811

 

Details

Date:
April 23
Time:
8:00 am - 5:00 pm
Event Category:

Details

Date:
April 23
Time:
8:00 am - 5:00 pm
Event Category:
© Bonsmara SA | Website Design by OOWEBOO Web Engineers