Hoëveld Klub Opleidingsdag
Hoëveld Klub Opleidingsdag
Die Hoëveld Bonsmara Klub het aan die begin van die jaar ‘n uitstekende opleidingsdag aangebied vir klublede wat veral gefokus het op die praktiese demonstrasie van diere en hoe daar gekyk moet wanneer seleksie binne ‘n kudde gedoen word. Louis Steyl van Bonsmara SA het bietjie meer agtergrond gegee oor die keuringstelsel en afkeurkodes wat gebruik word tydens ‘n Bonsmara keuring. Daarna het Arthur de Villiers ‘n praktiese bespreking gehou met baie goeie voorbeelde uit 3 kudde namens Fuz Bonsmaras van Neels de Villiers, Mpola Trust van Martiens Aveling en ook diere van Estienne Cronje. Die dag was afgesluit met ‘n lekker saamkuier en skaap op die spitbraai.