Leeuwbult Bonsmaras Boeredag
Leeuwbult Bonsmaras van Izak Cronje het die opening van die Fase C stasie tesame met ‘n boeredag gehou. Dr. Frikkie Mare van die UFS se Landbouekonomie department het die geleenthede na die “perfekte storm” bespreek. Dr. Jape van der Westhuizen van SA Stamboek het die belangrikheid van voeromset metings vir prestasietoets data bespreek. Daarna is die groeitoetsstasie besigtig sowel as diere wat reeds getoets was in die stasie.