Nampo 2019
Die genootskap het weereens hul plek volgestaan by die Beeskompleks tydens Nampo 2019. Pragtige diere van Sernick Bonsmaras was op uitstalling hierdie jaar. Nampo bly een van die hoogtepunte op die landboukalender en is ‘n geleentheid om die landboubedryf te wys watter voordele die Bonsmara inhou vir enige boer.