Proveld Bonsmaras
Proveld Bonsmara het ‘n uitstekende boeredag in Vryburg aangebied. Die dag was bygewoon deur 80 kommersiele sowel as opkomende boere. Louis Steyl van Bonsmara SA het winsgewendheid in beesboerdery deur beter bestuur bespreek. Charl Uys van Marochel Bonsmaras het van die veilingsbulle bespreek en die boere daarop gewys dat jy seker moet maak om die regte tipe vir jou behoeftes te moet selekteer. Kenneth Botha van Barnlab en Dr. Willem Schultheiss van Ceva het onderskeidelik ge0raat oor die gevare en oplossings vir artrose en die voordele van sinkronisasie en die gevare wat geslagssiektes kan inhou vir die Suid Afrikaanse beesbedryf. Baie geluk aan Proveld Bonsmaras met die aanbieding van ‘n uiters suksesvolle dag.