Suidkaap Bonsmara Klub Boeredag
Die Suidkaap Bonsmara Klub het weer hul jaarlikse Augustus boeredag gehou op die plaas van Mikie du Toit van Swartshoek Bonsmaras net buite Humansdorp. Die dag was weer uitstekend ondersteun met ongeveer 60 boere wat die dag bygewoon het. Jan de Jong ‘n senior interras en karkasbeoordeelaar het die modern neigings in beesboedery bespreek. Daarna het Hennie Slabbert van Voermol gepraat oor kruipvoeding in kalwers. Jan de Jong en Louis Steyl van Bonsmara SA het vir ‘n praktiese demonstrasie, veilingsbulle en teelkoeie uit die kudde, bespreek.