Vryburg Skou
Bonsmara SA was saam met die Noordwes telers by Vryburg Skou 2019. Daar was baie goeie diere van Carey Lee, Tklagameng Bonsmaras en Chris Visser van Skatkis Bonsmaras op uitstalling by die klubhuis. Alhoewel die Vryburg skou slegs ‘n landbouskou is was daar baie boere tydens die skou wat ‘n draai kom maak het. Die Bonsmara telers het ook deurentyd by die Bonsmara klubhuis seker gemaak dat enige vrae deur belangstellendes beantwoord word.