Winton Boeredag
Die Kalahari klub het tydens die Winton Boerevereniging se jaarlikse boeredag ‘n stalletjie gehad. Daar was ook pragtige diere van Rindro Bonsmaras van Hennie en Karin Wessels op uitstalling. Gerrit van Zyl van Hanzyl Bonsmaras was ook ‘n spreker op die dag.