BONSMARA SA DIE ROOI RAS GELEENTHEID UITGESTEL
BELANGRIKE KENNISGEWING
Bonsmara SA is onderwerp aan die wette van Suid Afrika. In lyn met die maatreels wat ingestel is om die verspreiding van die Covid-19 virus te verhoed, is ons onderhewig aan die verbod om enige samekoms van meer as 100 persone te hou. Daarom sal Bonsmara SA se Die Rooi Ras Geleentheid by Stonehenge River Lodge in Parys op 18 Maart 2020 uitgestel word tot verdere kennisgewing.
Vir enige verdere inligting kan u die kantoor kontak by info@bonsmara.co.za