Boshoff en Bloemendal Bonsmaras Boeredag
In samewerking met Hinterland het Boshoff en Bloemendal Bonsmaras ‘n opleidings en boeredag gehad oor twee dae voor hul jaarlikse produksieveiling. Die eerste dag was ‘n opleidingsdag waar studente van verskeie skole, colleges en universiteite bygewoon het. Daar was ook boere uit Zimbabwe en opkomende boere van die area wat die opleidingsdag bygewoon het. Louis Steyl van Bonsmara SA, Phillip Lee van Hinterland en Johan Mouton het almal die studente toegespreek oor watter stappe gevolg moet word om ‘n suksesvolle intrude tot die beesbedryf te maak. Diere is ook tydens ‘n praktiese demonstrasie bespreek.
Die tweede dag was meer gemik op die kommersiele boere. Dr Joggie Briedenhann van Hartebeestloop Bonsmaras in Namibie het die boere meer vertel oor hoe hy genomika in sy kudde gebruik as ‘n seleksiehulpmiddel. Paul Mare en Benjamin Bosch het die veilingsbulle bespreek tydens ‘n praktiese demonstrasie.