Hoër Landbouskool Marlow Opleiding
Louis Steyl het die jaarlikse Bonsmara kursus vir die Landboupraktyk leerlinge van Hoër Landbouskool Marlow aangebied by Dirk Spaargaren van Karooveld Bonsmaras buite Steynsburg. Die kursus bestaan uit ‘n teoretiese sessie oor die wyer beesbedryf en da nook die Bonsmara stelsel. Daarna word vroulike diere sowel as bulle bespreek waarop die leerders hul kennis moet deurgee deur ‘n praktiese evaluasie deur te gaan. Die volgende stap is ‘n verkorte teelwaarde kursus waar die leerders dan ook die volgende dag die veiling van Frontier Bonsmaras in Grahamstad bygewoon het.