Leniesdeel Vetveeskou
Bonsmara SA was een van die borge tydens die Leniesdeel Boerevereniging se jaarlikse Vetveeskou. Die genootskap het vir Frans Seevinck van Berco Bonsmaras bygestaan met sy uitstalling. Daar was twee van Berco Bonsmaras se bulle op uitstalling. Die telers wat Bonsmaras ingeskryf het vir die vetveeskou het ook goeie resultate behaal op die hoef sowel as aan die haak.