George Landbouskou in samewerking met Wes Kaap Departement van Landbou
Bonsmaras SA het diere uitgestal by die George Landbouskou wat grootliks fokus op die ontwikkelende boere. Louis Steyl het ook ‘n groep boere toegespreek oor die Bonsmara ras en waarom die ras gebruik kan word veral in marginale gebiede en kleinskaalse boerdery sisteme. Daar was ook ‘n bespreking van diere wat veral gefokus het op die vrugbaarheid van vroulike diere en hoe dit deurvloei na die manlike nageslag wanneer mens ‘n bul selekteer. Baie dankie aan Hennie en Ockie Potgieter van Letterkran Bonsmaras vir die uitstekende diere wat op uitstalling was en wat tydens die praktiese bespreking gebruik is. Dankie ook aan Manie Grobbelaar van die Wes Kaap Departement van Landbou vir die geleentheid om die boere toe te spreek.