Hoër Landbouskool Marlow
Bonsmara SA was weer soos in die verlede betrokke by Hoër Landbouskool Marlow met ‘n reeks aanbiedinge wat die deel uitmaak van die leerders se leerplan. Daar is ees vir die leerders ‘n teorie sessie aangebied oor die ontstaan van die ras en hoe die ras gevorder het tot die grootste ras in Suid Afrika. Daar word ook tydens die sessie gefokus op die belangrikhied van stoetteling en waarom ons wetenskaplike hulpmiddels soos teelwaardes moet gebruik wanneer ons genetika wil verbeter. Leerders het daarna ‘n praktiese bespreking ontvang vanaf Dirk Spaargaren en Louis Steyl oor watter eienskappe belangrik is wanneer ons diere selekteer.
Leerders moes toe self diere identifiseer en kategoriseer op fenotipe waarop die leerders ook beoordeel is om te bepaal of hulle die prakties en die teorie bymekaar kan bring. Die laaste been van die opleiding was die verduideliking van inleiding tot teelwaardes en BLUP aan die leerders. Daar is ook ‘n katalogus met die leerders bespreek. Die bespreking van die katalogus met die leerders is baie belangrik omdat baie van die leerders direk na skool by boerderye aansluit en dan het hulle reeds die basiese kennis oor die intrepretasie en gebruik van ‘n katalogus. Die leerders het da nook die veiling van Karooveld Bonsmaras van Dirk Spaargaren bygewoon om blootgestel te word aan ‘n stoetveiling.
Baie dankie aan Dirk Spaargaren vir die gebruik van sy fasiliteite. Dank ook aan Jan van der Merwe van Hoër Landbouskool Marlow vir al die reelings met die leerders. Daar word dan ook by Marlow se prysuitdeling weer die Bonsmara SA wisseltrofee gegee aan die leerder wat algeheel die beste punte behaal het sowel as die leerder wat prakties die beste punte behaal het.