Suid Kaap Bonsmara Klub Boeredag, Humansdorp
Die Suid Kaap klub het weereens ‘n uitstekende boeredag aangebied by Mike du Toit, Swartshoek Bonsmaras. Daar was ongeveer 50 boere wat die dag bygewoon het. Louis Steyl van Bonsmara SA het die seleksie van ‘n bul bespreek en die gebruik van ‘n katalogus wanneer seleksie keuses gemaak word. Pieter Steyn die plaaslike veearts het die boere ingelig oor die gevare van siektes soos BM. Daar is ook gefokus op watter voorsorgmaatreels boere kan tref om te verhoed dat uitbrake in hul kuddes kan voorkom. Nico Pieterse van Syferfontein Bonsmaras het die praktiese sessie hanteer waar veral gefokus was op die seleksie van bulle en hoe mens die regte bul vir jou kudde kan selekteer. Dankie aan al die sprekers en borge en aan Mike du Toit vir die fasiliteite en diere wat gebruik was.