Hoeveldklub Inligtingsdag
Die Hoeveld Bonsmara Klub het ‘n baie sinvolle inligtingsdag aangebied by Sernick. Die dag was dan ook die inname van klublede se bulletjies wat in ‘n gesamentlike voeromset groeitoets getoets gaan word end an volgende jaar op ‘n klubveiling aangebied gaan word. Bobbie van der Westhuizen het bespreek hoe teelwaardes gebruik kan word om ‘n potensiele bulletjie uit te soek vir ‘n groeitoets. Pieter Booysen van Sernick het daarna gewys vir watter eienskappe in die dier se fenotipe kan gebruik word om bulletjies te selekteer.