Syferfontein Bonsmaras Inligtingsdag.
Syferfontein Bonsmaras van Nico Pieterse het ‘n goeie dag aangebied waar ongeveer 40 boere bygewoon het. Riaan Dames het die belangrikheid van seleksie vir ekonomiese diere bespreek. Daarna is ‘n praktiese bespreking deur Pieter Lourens en Nico Pieterse gegee sowel as veilingsbulle wat vertoon is.