Marochel Opkomende Inligtingsdag
Marochel Opkomende Inligtingsdag
Charl en Annene Uys van Marochel Bonsmaras het ‘n inligtingsdag gemik op opkomende boere aangebied met samewerking van Vleissentraal en Bonsmara SA. Tydens die dag het Charl die verskillende tipes bulle en watter eienskappe elke tipe aanvul bespreek en die boere gewys dat hul teeldoelwitte gaan bepaal watter bul hulle moet selekteer op ‘n veiling. Louis Steyl van Bonsmara SA het die opkomende boere gewys dat hulle ook op ‘n klein skaal kan begin met rekordhouding en dat dit uiters belangrik is dat hulle moet fokus om beter beeste te teel om meer wins in hul eie sak te sit.
Leave a Reply
Want to join the discussion?Feel free to contribute!