Arwin Farms Boeredag
Arwin Farms Boeredag
Johan en Michael-John Greyling het die oggend voor hulle veiling ‘n baie suksevolle boeredag aangebied wat deur heelwat boere van die Dordrecht omgewing bygewoon was. Prof Johan van Rooyen het ‘n oorsig gegee op die toekoms wat kan verwag word in die vleisbedryf veral met die oog op mededingenheid en hoe vleisbees produsente meer sal moet meeding met ander markte. Louis Steyl van Bonsmara SA het ‘n oorsig gegee oor watter seleksie hulpmiddels gebruik kan word om winsgrense in jou beesvertakking te verhoog. David Cock en Louis Steyl het ook twee kuddevaars bespreek waarna die veiling begin het.
Leave a Reply
Want to join the discussion?Feel free to contribute!