Proveld Bonsmaras in samewerking met Hipra en Bonsmara SA het ‘n baie leersame boeredag aangebied op Vryburg. Die dag was goed ondersteun met ongeveer 30 boere wat die dag bygewoon het. Louis Steyl van Bonsmara SA het verduidelik hoekom Bonsmara “Die Ras vir Alle Redes” is. Daarna het dr. Christu du Plessis en dr. Wessel Strydom die gevare van siektes wat reproduksie beinvloed sowel as BVD se impak op ‘n kudde bespreek. Hannes van den Berg en Johan Dormehl beide senior keurders in die Proveld groep het ook 6 van die veilingsbulle bespreek.
© Bonsmara SA | Website Design by OOWEBOO Web Engineers