Bonsmara 2019 Telersforums
Bonsmara SA het in 2019 5 streeks opleidingsforums aangebied vir geregistreerde stoettelers gelei deur Danie Olivier en Louis Steyl.
- 13 Junie 2019 – Botterfontein Estates, Cathcart
- 24 Julie 2019 – Ferrero Bonsmaras, Harrismith
- 03 Augustus 2019 – Boshoff Bonsmaras, Leandra
- 14 Augustus 2019 – Bufland Boerdery, Naboomspruit
- 11 September 2019 – Leeuwheuvel Boerdery, Christiana
Samevatting
24 September 2019 – Paul Mare Bonsmaras, Viljoenskroon
Die telersforums se grootste doelwit was om konsekwentheid van besluite ten opsigte van afkeurredes by keurings en voor veilings inspeksies te bevorder.
Uit die verskillende streke is al die kommentaar geneem na die samevatting by Paul Mare Bonsmara Stoet in Viljoenskroon.
Tydens die 5 streeksforums was daar reeds 150 telers bereik wat deelgeneem het aan die besprekingspunte. By die samevatting dag was daar by die 80 telers waarvan 34 senior keurders was.
Hierdie dae het net weereens bewys die belangrikheid om deurgaans die stelsel te evalueer en aanpassings te maak om die ras aan die voorpunt van die beesbedryf te hou.