Suidkaap Boeredae
Die Suid-Kaap Bonsmara Klub het 2 uitstekende boeredae aangebied. Die eerste dag was op die plaas Duinekroon van Flip Kleynhans op Stilbaai. Die tweede dag was by Mikie du Toit van Swartshoek Bonsmaras by Humansdorp. Beide dae was uitstekend bygewoon deur 50+ persone op elkeen van die dae. Dr JG Nel van Ascendis Animal Health het ‘n praatjie sowel as ‘n demostrasie gegee oor hoe koeie gesinkroniseer kan word om beter dragtighede met natuurlike dekking deur die bul te behaal. Louis Steyl van Bonsmara SA het die uitstaande eienskappe van die Bonsmara bespreek, sowel as veilingsbulle vir die Suid-Kaap Bonsmara Klub veiling wat op 14 September by Herholdt gehou word, bespreek.