Boshoff en Bloemendal Bonsmaras Boeredag
Boshoff en Bloemendal Bonsmaras het weereens ‘n uitstekende boeredag aangebied die dag voor hul jaarlikse produksieveiling. Die dag was goed ondersteun veral deur heelwat landbouskole en colleges wat die dag bygewoon het. Dr. Faffa Malan en Nick Serfontein van Sernick Bonsmaras het uitstekende praatjies gelewer. Daarna het Louis Steyl van Bonsmara SA ‘n praktiese bespreking gedoen op van die veilingsbulle wat aangebied sou word.