Wagpos 2018
Wagpos 2018
Bonsmara SA het ‘n opleidingskursus vir die Gr. 12 leerders, wat landbou as vak neem, van Hoërskool Wagpos in Brits aangebied. Louis Steyl van Bonsmara SA het die leerders eers ‘n teoretiese sessie gegee waar hulle meer geleer het oor die beesbedryf in geheel en wat belangrik is om volhoubaar met beeste te boer. Daarna het hulle ‘n praktiese bespreking in die kraal gehad waar die vervangsverse uit die kommersiële Bonsmara kudde van die skool geselekteer en bespreek is.











